Goeiedag
Ek is 'n Suid-Afrikaner wat in Snaefellsnes bly, wes-Ysland. Ek skryf bietjie anders, maar ek glo julle sal wel kan lees wat ek skryf. Die naweek waarvan julle praat is altyd die eerste naweek in Augustus, en is die grootste partytjie van die jaar. Dit word Verslunarmannahelgi genoem. Meeste mense gaan na Akureyri of Vestmanneyar (Westman Islands), en baie ander kampeer in verskeie plekke op daardie naweek - geen rus!!!
Hou ook in gedagte dat daar baie feeste is oor die hele Ysland gedurende die somer. In ons dorp GRundarfjordur is daar die Hawefees die laaste naweek in Julie, in Stykkisholmur het hulle ´n Deense Dae-fees middel Augustus en in die ooste in Hofn het hulle 'n lobsterfees. AMper elke dorp het sy eie fees elke somer!
5-jariges is baie welkom in Ysland, en die beste plan as hulle van diere hou is om ‘n draai by die petting zoo in Reykjavik te maak, of om miskien instede van hotels op plase te bly (Farming holidays) of in youth hostels, wat baie gemaklik is vir families. Meer kinders meer diere meer pret. Daar is ook ’n kaart beskikbaar wat al die plekke wat vir kinders interessant kan wees uitwys (beskikbaar in toeriste informasie sentrums).
Hoe ookal, geniet julle vakansies in Ysland en kom loer in in Grundarfjordur!
Johanna van Schalkwyk